Hiermee word die dienste verlang van ‘n selfgemotiveerde doelwitgedrewe Produksie bestuurder met 3jr+ ervaring en toepaslike naskoolse kwalifikasies vir ‘n bestuurspos in die Witzenberg omgewing.
Verantwoordelikhede
- Kontrole en effektiewe bestuur van alle produksiefasette (snoei,uitdun,Kunsmis en besproeing) van betrokke bedryfsvertakkings (Steen-, Kernvrugte en wingerd) om ‘n vooruitstrewende eenheid te skep.
- Effektiewe rekordhouding.
- Effektiewe en doelgerigte bestuur van werksmag vir ‘n afdeling insluitend Toesighouers.
- Nakoming en instandhouding van gehalte bestuurstelsels o.a. GlobalGap ens.
Vereistes
- Goeie organiseringsvermoëns.
- Vermoë om onafhanklik te kan bestuur.
- Eerlik, dinamies en hardwerkend.(“hands on”).
- Goeie menseverhoudinge.
- Administrasie- en rekenaarsvaardighede.
- Landbou opleiding en of ten minste 3jr toepaslike soortgelyke ervaring
Die pos bied die geleentheid om deel te wees van ‘n dinamiese groep wat doelgerig en passievol strewe na volhoubaarheid en vooruitgang. ‘n Strewe na groei is van kardinale belang.
‘n Mededingende vergoedingspakket en behuising word in ruil vir u dienste aangebied.
Stuur u verkorte CV na adminvl@twk.co.za.
Sluitingsdatum: 20/09/2026 en diensaanvaarding 1/11/2026. Indien u teen 25/09/2026 nog nie van ons gehoor het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.